Elsa (Nylstroom)

Hi Marie

Ek wil regtig vir jou en jou personeel komplimenteer met jul toegewyde en vriendelike diens.

Soos jy weet, was ek verlede Maandag (14 Okt) by julle, naarstiglik op soek na ‘n sekere langbroekpakkie vir my vriendin van Nylstroom wie se seun binnekort trou.

Binne minute was jy en Helena by om te help en het Helena moeiteloos ‘n paar pakkies uitgehang sodat ek foto’s kon neem en vir my vriendin Eleen, aanstuur.

Verlede Donderdag was ek weer terug en weereens was Helena super behulpsaam en het selfs ingestem om die pakkies vir nog ‘n dag of twee te hou sodat Eleen dit oor die naweek kan kom aanpas.

Saterdagoggend (19 Aug) toe ek skakel om te hoor of ek en my vriendin die oggend kan kom pas, het Elize onmiddelik geweet waaroor dit gaan. Elize was uiters professioneel en behulpsaam en het geen moeite ontsien om ons te help nie. Toe haar bruid opdaag vir ‘n pas sessie, het sy onmiddelik seker gemaak dat die ander dame, Rina dink ek, na ons omsien indien iets benodig sou word. Sy was ook baie behulpsaam. Nadat die bruid weg is, het Elize weer kom seker maak dat Eleen nog gelukkig en tevrede is.

Eleen was so beindruk met Elize se kalmte van gees, en haar uitstekende diens, dat sy daar en dan besluit het om die pakkie – ‘n hele ander kleur as oorspronklik – te koop sowel as bygaande juwele.

Jy kan voorwaar trots wees op jou personeel ...Marie, jy is verseker ‘n uitstekende voorbeeld!

Mag julle besigheid geseën word vir nog baie jare

Baie liefde
Elsa
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Oom Hennie (van Vanderbijl)

Aan Elize:  Nogmaals dankie vir al jou moeite, jy is stunning!

Oom Hennie het al die pad van Vanderbijl af deurgery op grond van 'n foto wat hy op die webwerf gesien het, en Elize het hom gehelp om alles in plek te kry.


Petro Bodenstein

Goeie More Marie

Ek wil graag net hierdie mail stuur om my dank uit te spreek aan hierdie wonderlikke vriendelikke vrou.

Ek was by Kolonade sentrum gewees die 25ste September 2016, ek het die hele sentrum deur geloop opsoek na ‘n uitrusting vir my seun se troue, met geen geluk nie, ek kom toe by die Pêrel Skatkis waarna die dame my ‘n advertensie blaadjie gegee het van ‘n dame wat my sal kan help maar aangesien dit al reeds laat was het sy nie geweet of sy nog by haar winkel is nie. Ek het die dame geskakel en sy het vir my gese hulle is al reeds toe vir die Saterdag, ek het haar gese ek bly in Witbank en my tyd is maar baie beperk, sy het nie eers geskroom om haar bereid willigheid en haar diens aan te bied nie en dat sy spesiaal vir my die winkel oop te maak en dat dit GEEN moeite vir haar is nie.

Ek het haar verduidelik waarna ek opsoek is en sy het presies geweet en die eerste kleding stuk wat sy uitgehaal het het ek gepas en dit is presies waarna ek opsoek was.

BAIE BAIE danki jy is ‘n uitsonderlikke, besondere vriendelikke person.

Jou diens is PUIK !!!!!

073 402 9261

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Amanda Lewies

Ek wil net vir elke persoon by Alma-Jeanne's so baie dankie sê vir 'n wonderlike ervaring! Ek het van dag een af so tuis gevoel en al julle vriendelikheid en entoesiasme word opreg waardeer! Julle het my tydens elke passing so spesiaal laat voel! Helena, ek wil vir jou so spesiaal dankie sê, jy is die beste Ontwerpster en absoluut 'n perfeksionis wat jou uitrustings betref!! Jy het my elke keer so spesiaal laat voel en jou raad en advies met my bykomstighede was perfek!! Ek sal verseker nooit weer na iemand anders gaan nie! Dankie vir al jou liefde en aandag! Liefde-groete. Amanda Lewies.


Kobie Barnard

Goeie dag

Ek wil net baie dankie se vir die goeie diens wat ek vanaf Elize en Helena gekry het.  Ek was regtig in die nood met 'n uitrusting vir my seun se troue wat op 1 Oktober plaasvind.  Hulle het my so mooi gehelp.  Baie baie dankie!!  Ek waardeer dit sommer baie.

Groete

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Anel Cloete - Matriekafskeidrok.

Baie dankie vir al die hulp... ek was rerig verlief op die rok, en het baie komplimente gekry, als te danke aan julle... Weereens baie baie dankie. 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Alida Britz-Bezuidenhout

"14 days before the wedding, Marie arranged the most beautiful dress, on top of all tailor made to fit me and I looked awesome! The dress and make-up by Jeanne-Marie (www.angelstar.co.za) where perfect. To anyone that wants to look like a real fairy tale I would strongly recommend Alma-Jeanne's Fashions & Bridal Boutique they did not only make me look great they made me feel like a real queen. Thanks for everything it was a awesome time working with you."

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  -  072 950 12721 


Madelein Mc Naughton

" Ek wil net baie, baie dankie se vir al die moeite en hulp! Ek waardeer dit so baie! Geen ander persoon sou kon doen wat tannie-hulle gedoen het nie en ek waardeer dit so baie!"

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 


Lorraine Espach

Liewe Marie,

Die troue is verby en wil tog net weer dankie se.  Ek het so goed gevoel, want my rok was mooi, funky, het goed gepas en dit was heerlik. Dankie vir die moeite wat jy gedoen het.  Ek het geweet dat ek n rok moes kry, maar waar en hoe dit moes lyk was vaag. Rina het my verseker dat sy weet en so storm ek n Maandag middag by julle winkel, onseker van wat en of ek dit sou kon bekostig.  Rina was reg, sy het mooi idees gehad en voorstelle aan jou gemaak. Die Donderdag kon ek kom pas. Jy sou intussen uitvind van die regte materiaal en kleur.

Ek was so verbaas toe jy nie net voorstelle gereed gehad het nie, maar ook voorbeelde. En ja, daar is my perfekte rok. Hoe julle kon weet wat ek nie kon droom nie is vir my n raaisel. Weeer groot dankie, ek waardeer baie.

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 


Alf Morgan

Aan die Bridal Corner staff, baie dankie vir die vinnige diens en die hulp van die uitkies van my rok. Alf 


Anel Hepburn

Aan almal by die Bridal Corner en die ontwerpster Helena, baie dankie vir julle ongelooflike goeie diens. Julle het my so gemaklik laat voel en spesiaal laat voel. My man se asem wat weg geslaan! Dit was my mooiste dag, baie dankie dat julle deel was daarvan! Anel 


Michelle Treurnich

Dankie vir al tannie hulle se moeite en vriendelikheid. Dit beteken die wereld vir my!